Ons nuwe handgedrewe SIT-vrylatings meganisme!

Ons nuwe handgedrewe SIT-vrylatings meganisme!

Uit die Besturende Direkteur se pen

Vir die meeste was die tradisionele feesseisoen alles behalwe tradisioneel. Die feit dat ons nie vryelik by familie kon kuier, saam met vriende kon ontspan of selfs net na die strand kon gaan nie, het almal gedurende hierdie normale tyd van ontspanning gespanne gehad.

COVID-19 was ook die eerste keer in ons Addo- en Port Elizabeth-kantore in die laaste maande van 2020, terwyl terselfdertyd ‘n paar gevalle in die Citrusdal-aanleg ervaar is. Vir die veiligheid van ons almal en in die belang van die esensiële dienste wat ons aan ons kliente lewer, is die mees indrukwekkende ervaring van al hierdie dinge egter hoe hierdie saak deur alle betrokkenes bestuur en beheer was om beduidende verspreiding binne ons organisasie te voorkom.

Welgedaan aan almal en bly waaksaam.

                        Groete Rob

Die twee hoofmaniere vir die vrylating van SIT-motte is per helikopter of per hand. Handvrylating word hoofsaaklik gebruik waar boorde deur nette bedek word en ons sien dit grootendeels toeneem, of waar die onmiddellike bedekte area te klein is om vrystellings met behulp van ‘n helikopter te doen.

Tot dusver was handvrylatings gedoen met ‘n  petri-skottel wat gebruik is om motte in ‘n spesifieke voorafberekende posisies in die boord af te lewer. Hierdie metode is nou vervang deur ‘n verbeterde handvrylatingsmetode wat ontwerp, vervaardig en getoets is met behulp van Apex Engineering in Port Elizabeth. Hierdie verbeterde vryslatingseenheid kan op die voorste draer van die vierwielmotorfiets gemonteer word.

Hierdie metode verseker nie net die voortdurende vrylating van motte met beter verspreiding nie, maar dit is ook toegerus met verstelbare spoed beheer  wat gekoppel is aan die agteras van die vierwielmotorfiets, wat die hoeveelheid motte aanpas om in te pas by die snelheid van die vierwiel.

Altesaam 12 eenhede is in alle gebiede ontplooi en uitstekende resultate is tot dusver behaal.

RBX Groep verjaarsdsae: Marshale Damon, Burger Du Toit, Fezeka Dyakala, Christina Fransman, Jan Fransman, Hektor Garth, Chesné Geldenhuys, Zintle Gxothiwe, Romilda Januarie, Josè Matipa, Danevico Paulse, Marnick Pedro, Ashley Pypers, Laticia Ruiters, Byron Sas, Albertus Smit, Asanda Spogter, Gilbert Titus, Andries Van Deventer, Abraham Visagie

                                                                                                                                                                                                         ~ Lekker Verjaar!