

VERSTAAN WAARVAN ONS DEEL IS!
In die mees onlangse seisoen het die Sitruskwekers van Suider-Afrika ongeveer 2 miljoen ton sitrus na baie bestemmings regoor die wêreld uitgevoer.
Ons twee maatskappye ondersteun dit met ons produkte en dienste en kan baie trots wees om deel te wees van hierdie prestasie.
Kan jy jouself indink hoeveel is 2 ton siturs?
Kom ons kry bietjie perspektief om hierdie hoeveelhede sitrus te illustreer:
Die twee miljoen ton sitrus is 9,6 miljard vrugte.
As hierdie 9.6 miljard vrugte op die grond teen mekaar geplaas word, sal dit ‘n gebied dek wat gelykstaande is aan meer as 7 500 sokkervelde is.
As die 133 miljoen kartonne bo-op mekaar gestapel is, sou dit ‘n hoogte van 36 000km bereik, dit is gelykstaande aan meer as 4 000 Mount Everest berge bo-op mekaar.
As hierdie vrugte in ‘n enkele lyn teenaan mekaar uitgepak is sal dit ‘n afstand van 720 000 km dek.
– wat die aarde byna 18 keer sou omsirkel, of – amper twee keer maan toe en terug.
As die 133 miljoen kartonne op die grond langs mekaar gepak is, sou dit ‘n oppervlakte van 16 vierkante kilometer dek
– 3 keer die grootte van Robbeneiland, – 8 keer die grootte van die koningryk van Monaco – en die derde kleinste land ter wêreld sou wees as gevolg van grond oppervlak


