Agtergrond

X Steriele Insek Tegniek, of XSIT, is ‘n inisiatief van die CRI (Citrus Research International) om die Steriele Insek tegniek (SIT) te bemark vir die beheer van T. leucotreta of VKM, soos dit meer algemeen bekend is.

T. leucotreta is ‘n endemiese pes van tropiese oorsprong met meer as 80 gedokumenteerde gashere. T. leucotreta is al meer as 40 jaar gevestig is Suid-Afrika met fitosanitêre status, wat beteken dat lande wat lanbouprodukte soos sitrus invoer vanaf Suid-Afrika, glad nie hierdie pes sal duld nie. As gevolg van die weerstand van T. leucotreta teen die algemeen gebruikte organofosfate en sommige ander insekdoders wat normaalweg gebruik word om dit te beheer.  Die CRI in samewerking met die USDA (United States Department of Agriculture), PIP (Pesticide Initiative Program) en die IAEA (International Atomic Energy Agency)  het in 2002 begin met die steriele insek tegniek navorsingsprojek in Citrusdal.

BESKERM JOU VOORUITGANG IN LANDBOU

Hierdie navorsing het in 2005 tot kommersiële proewe in Citrusdal gelei. Na een seisoen het VKM-verwante vrugskade in die proefarea verminder. Die resultate is verwelkom deur die bedryf en daar is besluit om hierdie tegniek te kommersialiseer waarna River Bioscience en TIA (Technology Innovation Agency), XSIT (Edms) Bpk. gestig het. Die fasiliteit is in Citrusdal gebou, ‘n histories belangrike uitvoerstreek van sitrus.