‘N Verfrissende nuwe voorkoms

‘N Verfrissende nuwe voorkoms

Nota van die Besturende Direkteur

Die volgende paar wintermaande sal sekerlik van die uitdagendste wees vir Suid-Afrikaners in ‘n lang tyd. Die begin van die piek van die Corona-virus en die kouer temperatuur saam gaan die lewe vir ‘n groot aantal inwoners bemoeilik.

Alhoewel die grendeltyd moeilik is en die hoë risiko areas in die Wes- en Oos-Kaap, waar die meeste van ons kollegas woon, se getalle infeksies aan die toeneem is, is dit vir ons belangrik om nie te ontspan of ons voorsorgmaatreëls te laat vaar nie.

Met X-SIT op sy jaarlikse breek neem baie werknemers ook vakansie, so dit is ons almal se belang om baie versigtig te wees sodat ons gesond en vars kan wees met die nuwe seisoen se afskop.

Groete Rob

‘N Verfrissende nuwe voorkoms

River Bioscience het in 2003 begin en X-SIT in 2007. Oor die jare het hul logo’s bekend geword in die bedryf, en hoewel daar ooreengekom is dat ‘n modernisering van die logo’s ‘n goeie idee sou wees, moes die nalatenskap van die jare wat verby is, nie verlore gaan nie.

Met die hulp van ‘n professionele agentskap en deeglike bespreking tussen die bestuur, is ons trots om die verfrissende logo’s vir ons twee ondernemings bekend te stel waarmee ons die toekoms in gaan.

Die raam oor die blaar in die ou River Bioscience-logo mag dalk kosmeties lyk, maar hierdie raam is ‘n belangrike deel van die wetenskaplike metodes wat ons gebruik om produkte van hoë gehalte en akkurate eksperimentele ontwerp in ons navorsing te verseker. Om hierdie rede is die raam steeds by die nuwe logo teenwoordig, maar word op ‘n meer subtiele manier voorgestel.

 

 

Die mot op die X-SIT-logo is herontwerp, die grootte  is verminder en die kleur verander, om ‘n vars en meer moderne voorkoms te skep. Die styl van die letters in beide logo’s is ook meer in lyn as voorheen, wat dit makliker maak om gesien te word as deel van die RBX-groep.